Lank, lank gelede was daar ‘n gelukkige gesin.
Once upon a time,
there lived a happy
family.
Hulle het nooit met mekaar baklei nie. Hulle het hulle ouers by die huis en op die landerye gehelp.
They never fought with
each other. They helped
their parents at home
and in the fields.
Maar, hulle was nie toegelaat om naby ‘n vuur te kom nie.
But they were not
allowed to go near a
fire.
Hulle moes al hulle werk deur die nag voltooi, want hulle was gemaak van was!
They had to do all their
work during the night.
Because they were made of wax!
Maar een van die seuns wou baie graag in die sonlig uitgaan.
But one of the boys
longed to go out in the
sunlight.
Eendag was die begeerte om uit te gaan te sterk. Sy broers het hom gewaarsku…
One day the longing
was too strong. His
brothers warned him…
Maar dit was te laat! Hy het in die warm son gesmelt.
But it was too late!
He melted in the hot
sun.
Die waskinders was so hartseer om te sien hoe hulle broer wegsmelt.
The wax children were
so sad to see their
brother melting away.
Maar hulle het ‘n plan beraam. Hulle het ‘n voël gevorm met die gesmelte was.
But they made a plan.
They shaped the lump
of melted wax into a
bird.
Hulle het hul voël-broer na ‘n hoë berg toe geneem.
They took their bird
brother up to a high
mountain.
Toe die son opkom, het hy singend weggevlieg in die oggendlig in.
And as the sun rose, he
flew away singing into
the morning light.